Mookgopong Rural, Mookgopong, Limpopo ID 1251174
House
2.0
3
157m2
300m2
Pragtige moderne Huis in die hartjie van die Bosveld in Die Oog Aftree-Landgoed. Hierdie is ’n baie ekslusiewe eiendom in ’n uitmuntende toestand, pragtige afwerkings en reg om in te trek. Loopafstand na die wonderskoon natuur om jou en omring deur bome, voëls en pratige wildsbokkies wat kom kuier. Van die intrap slag word jy verwelkom deur die oop ruimtes van die huis, die natuurlike lig en die moderne afwerkings en die uitleg. Die sitkamer is baie ruime en vloei na die oop plan kombuis. Pragtige moderne kombuis met baie ingeboude kaste, graniet blaaie, gasstoof, met ’n afsuigwaaier, elektriese oond en plek vir skottelgoedwasser en yskas. Die wasmasjien en tuimeldroër is apart en is geinstalleer in die vertrek (vorige motorhuis) langsaan wat deel uit maak van die huis en die deur vloei van die kombuis af. Dit word tans ook as werkskamer of stoor plek met ingeboude kaste en werksopervlak gebruik. Daar is ook ’n deur in die kombuis wat na die binnehof toe gaan met ’n wasbak trog en wasgoedlyn. Die pragtige huis het 3 Slaapkamers. Die hoofslaapkamer is baie ruim met ‘n skuifdeur en trellie sifdeur wat na die privaat tuin toe vloei. Daar is baie ingeboudekaste met ’n en-suite badkamer, wat bestaan uit ‘n stort, ingeboude wasbak met kassie en toilet. Die tweede slaapkamer is ook ruim met baie ingeboude kaste, en skuifdeur wat na die binne tuin toe vloei. Die derde slaapkamer is kleiner en is ideaal vir ’n studeer- of naaldwerk kamer, maar ’n enkelbed sal ook gemaklik inpas met baie ingeboude kaste. Die tweede badkamer word gedeel deur die twee kamers en dien dan ook as ’n gaste badkamer met ’n stort, hoekbad, wasbak en toilet met sy eie badkamer kassie en rakke. Vir meer pak plek is die ingeboude gang/linnekas ideaal. Vanaf die sitkamer is ’n skuifdeur wat vloei na die onthaal area met ’n ingeboude braai vir lekker onthaal en is toegemaak met skuifdeure en ideaal vir eetkamer en ontspanning wat uitkyk na die buite tuin. Daar is ’n dubbel motor afdak wat hoog genoeg is vir enige karavaan wat maklik sal pas, ook toegemaak met seile vir meer beskerming vir wind en weer. Daar is ’n kleiner afdak spesiaal vir ’n golfkarretjie met kragprop en ook toegemaak met seile. Bonus is die 18 solar panele met 8 kva inverter en 20 kva batterye. Totsiens “Loadshedding”. Daar is waaiers in meeste van die vertrekke en kamers en dan ook ’n waterverkoelings stelsel vir die warm somer dae. Daar is sprinkel besproeing in elke potplant en ook die geyser het ‘n “timer”. Die bosveld atmosfeer is ideaal as jy na stilte en rustigheid smag in ’n baie veilige gevestigde Lewens styl Aftree Oord. Die oord is gemik op aktiewe lewenstyl met verskillende fasaliteite en aktiwiteite wat jou deel maak van ’n besondere gemeentskap, wat omgee. Hierdie Aftree oord is baie gewild met ’n Gesondheidsentrum, frailcare, biblioteek, haarsalon, winkel, wegneem etes, dames kroeg, groot eetsaal, lieflike swembad net om ’n paar te noem. Moet nie die geleentheid mis om so pragtige huis jou eie te maak nie. Skakel my vandag!
We R PR1ME
Interested in properties in this area? Enter your email and get regular updates about properties.
Property Not Available? Report it